Action Netbal Liga 2014

 

Tygerberg Raceway het n liga ingeskryf vir spanbou teen die klasse en 'n challenge wat die klasse hou teen mekaar in die klub.

Elke week sal 2 klasse teen mekaar speel vir punte en die klas wat die einde van die action netball seisoen wen is die klub wenners.

Die eerste wedstryd was tussen die Late Models en 'n liga span van Brackenfell.

Die spelers

Danie T77

Eerick T14

Leone T99

Christelle T99

PJ Fourie T7

Etreshia Fourie T7

Elana Oliveira T15

 

Die tweede wedstryd was tussen 2.1's vs Hotrods.

Vermaak was daar nie tekort aan nie en na al die gestoei op die baan was die telling...

Hotrods 7  vs  2.1's 7

 

En so het die meer senior V8's ook op die baan kom draai maak.  Oom Prinsloo was 'n groot aanwins vir die span, wonder waar die oom al gespeel het...  Die 1660's was maar woelig op die baan en toe die beseerders die baan verlaat het was die telling...

V8's 12  vs 1660's 19

 

Op Vrydag, 2014/10/03 het die Late Model Thunder die arena betree.  Die baan was seker te droog en hulle nooit die volle tracktion bereik nie...  Die vlugvoetige 1660's het seker gemaak hulle wen die ene.  Spangees tussen die twee spanne was elektries en op die einde van die aand was Tygerberg Raceway die wenner.

Late Models 10  vs 1660's 21

 

 

Die eerste wedstryd tussen die Midgets en die 1660's was beslis 'n gejaag na asems.  Die 1660's het skielik besef dat hulle nie net hoef op te daag om te wen nie, maar sal hard moet werk daarvoor.  Julle sal beslis die Midget span moet dophou...

 

Midgets 20  vs 1660's 14

 

 

Hier gaan nog groot dinge gebeur.

Kom ondersteun julle klasse.

 

Wedstryd Program

netbal_dae_en_tye.jpg

Punte

Punte_2014-10-03.jpg